Ons het die 30ste Desember daar aangekom, met kerkklere en al, want my swaer se 8 mnde oue dogtertjie, Marina, is daardie oggend gedoop. Dadelik het ons ons kerkklere uitgetrek en begin ontspan op die agterstoep.

Salome het (soos altyd) 'n opmerking gemaak oor hoe spierwit my vel is (hulle was alreeds by die see en sy het daar 'n lekker tan opgedoen). Ek het toe besluit om maar saam met haar in die son te le. Sy het sulke tan olies wat Paul op my gesmeer het ... toe bak ek lekker in die son. Oor die algemeen is ek nie mal oor sulke olies nie, maar dit bied goeie weerstand teen brand. Ek het slegs gebrand waar ek nie behoorlik (aan die voorkant) gesmeer het nie. Ongelukkig het die tan-gogga my nie gebyt nie, met die gevolg dat ek steeds so wit soos sneeu is.


Die Geertsema's het twee dogtertjies: Christine, wat in Februarie 5 jaar oud word, en Laureanne, 15 mnde.
Christine was op 'n stadium 'n regte klein terroris, soveel so, dat haar ma haar 'n paar keer per dag pakslae gegee het. En net om die punt te maak dat ouers nog steeds in vandag se tyd hul kinders moet tugtig, het Christine in die pragtigste, uitstekend-gemanierde dogtertjie uitgedraai, wat sy nou is. (Neels & Salome, ons hoop net dit hou!)
Klein Laureanne (uitgespreek Lo-ri-an) is die cuteste dingetjie op twee beentjies. Sy het so 'n manier van glimlag wat die hele plek ophelder. Haar grootste glimlag, is wanneer sy haar ogies toeknyp, tande wys en haar kennetjie oplig. Dis te cute vir woorde! Maar het ek gesukkel om dit op kamera vas te le! Daardie groot glimlag hou net 'n sekond ... en dan is dit verby.
So terloops: Marina, sy laat my vreeslik baie aan jou dink - julle het nogal dieselfde ogies.
Vir die van julle wat nie weet hoe lyk die tweetjies se ma nie. Hierdie is Salome.
Haar ouers, oom Neels (jip, hy't dieselfde naam as sy skoonseun) en Tannie Lina, hou nie baie daarvan om afgeneem te word nie, so dit was 'n vreeslike stryd om 'n kiekie van hulle te neem. Die beste foto's uit die bondel is die volgende:


Vir die wat nie weet nie: Tannie Lina is die een wat die kerse vir ons troue gemaak het! Sy het 'n vreeslike kunstige streep in haar, want sy kan ook baie mooi skilder (vir die van julle wat in skilderye belangstel...)
Vir Oujaarsaand, het ek en Paul gesorg vir die ete. Hy het basies die kos gemaak en ek het tafel gedek. Hier sit hy by sy vuur. (Die tent in die agtergrond was 'n geskenk aan Neels-hulle, en hulle wou net sien hoe groot die ding is - toe bly hy sommer die hele naweek daar staan).

My hare was nog nooit vantevore (?) in 'n Franse vlegsel gedoen nie. Gelukkig is Salome baie goed daarmee en die eindresultaat was nogal heel indrukwekkend:
En hier groet ons die ou jaar en verwelkom die nuwe jaar, met 'n bubbly.
Die laaste sonsondergangs van 2007.